Search

Banke vra nou op Vlak 3 weer geld vir kontantonttrekkings by OTMs

VAALDRIEHOEK - Kliënte betaal van vandag af meer vir kontantonttrekkings by ander banke. Die Suid-Afrikaanse Bankvereniging het in April aangekondig dat banke gedurende die inperking die fooi vir kontantonttrekkings by ‘n OTM sal afskaf. Volgens Vlak 3 regulasies is dit egter nie meer nodig vir banke om dié koste namens hul kliënte te dra nie. Die voormalige uitvoerende hoof van FNB, Michael Jordaan, het aan MyBroadband gesê dis baie jammer dat banke weer heffings op die gebruik van Saswitch-netwerke moet instel.

FOTO: (Verskaf)



8 views