top of page
Search

BankservAfrica sê huishoudings se salarisse het afgeneem

VAALDRIEHOEK - BankservAfrica sê Suid-Afrikaners se huishoudelike salarisse het in Julie afgeneem. Dit is as gevolg van die inperking wat geïmplementeer is weens die COVID-19-pandemie. Die groep het gesê met die regering se Werkloosheidverligtingfonds-betalings wat steeds aan die gang is, gee die data nie noodwendig die volledige prentjie nie. BankservAfrica is van mening dat die impak van die inperking op werkgewers en werknemers waarskynlik eers in die komende maande begryp sal word.

FOTO: (Verskaf)



0 views0 comments
bottom of page