Search

Bedryfsliggaam bekommerd oor Sasol se gasprysverhoging van 96%

VAALDRIEHOEK - Die Industriële Gasverbruikersvereniging van Suider-Afrika sê hy is uiters bekommerd oor die gasprysverhoging van 96% wat Sasol Gas verlede week aangekondig het. Die verhoging wat die prys van gepypte gas tot R133 per gigajoule laat opskiet, het verlede Maandag in werking getree. Die vereniging se uitvoerende hoof, Jaco Human, waarsku die verhoging gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie R325miljoen per maand kos. Hy sê lede in die bedryf wat van gas afhanklik is om brood en ander kosse te vervaardig, sal geen ander keuse hê as om hulle pryse aansienlik op te stoot nie.

FOTO: (Verskaf)



6 views0 comments