Bejaarde Sasolburg egpaar in hulle huis aangerand en van R70,000 beroof
WAARSKUWING: FOTOS NIE VIR SENSITIEWE KYKERS:
SASOLBURG - Die Sasolburg polisie sê ’n bejaarde egpaar van Sasolburg, Vaaldriehoek, is gisteraand omstreeks 18:00 in hul huis aangeval en van R70 000 beroof. Polisiewoordvoerder, Brig. Motantsi Makhele, sê volgens Netwerk24 dat Hannes en Rina Loots, onderskeidelik 72 en 73 jaar oud, een van hul werkers in hul erf aangetref het toe hulle ná inkopies by die huis aangekom het. Makhele sê die werker het toegang tot die huis verkry deur homself by die kombuisdeur in te forseer nadat die egpaar die huis binnegegaan het. Hy het die egpaar glo met ’n braaivurk aangeval en verskeie kere gesteek. Volgens Makhele het die man daarna met ’n kamerasak met sowat R70 000 se kontant by die huis uitgehardloop en oor ’n heining gespring. Die egpaar kon hulp ontbied en is na die Emfuleni Mediclinic in Vanderbijlpark geneem. Makhele sê die man is nog nie in hegtenis geneem nie. Enigeen met inligting oor waar die verdagte hom bevind, word gemaan om die ondersoekbeampte, kapt. Jan Opperman, op 084 409 7003 te kontak.
FOTOS: (Facebook)

