Search

Bejaarde vrou dood aangetref op kleinhoewe in Meyerton

MEYERTON - ‘n Bejaarde vrou van die Meyerton-omgewing is Saterdagoggend dood aangetref in haar huis op ‘n kleinhoewe. Maroela Media berig dat volgens polisiewoordvoerder, Konstabel Tlaleng Moloi, is die vrou, glo in haar 80’s, op die vloer in haar huis op ‘n kleinhoewe in Nelsonia aangetref. Die polisie kon nie bevestig of enigiets uit die huis gesteel is nie. Volgens Maroela Media het Moloi gesê ‘n saak van moord word deur die Meyerton-polisie ondersoek.

FOTO: (Maroela Media)



18 views