Search

Bejaarde vrou wat vasgesit het tussen twee mure in Meyerton is blind

MEYERTON - Na berigte dat ‘n bejaarde vrou vir ‘n hele nag tussen twee mure in Meyerton vasgesit het, is bevestig dat sy blind is. Maroela Media berig die vrou het glo gevlug na ‘n rusie met haar kinders waarna sy tussen ‘n grensmuur en die muur van haar bure se huis vasgesit het. Die vrou het glo aan die brandweerpersoneel verduidelik dat sy na die rusie met haar kinders na haar bure toe wou gaan. Sy het oor hul muur geklim en toe tussen die twee mure vasgekeer geraak. Maroela Media berig die vrou se buurman het vroegoggend sy honde aanhoudend hoor blaf waarna hy gaan ondersoek instel het en op die vrou afgekom het. Paramedici het haar behandel vir hipotermie en sy is na die Kopanong-Hopsitaal in Vereeniging geneem vir verdere mediese behandeling.

FOTOS: (ER24, Maroela Media)






3 views0 comments