top of page
Search

Bekende country-sanger in Heidelberg hospitaal

HEIDELBERG - Lefra Produksies het vandag in ‘n verklaring bevestig die bekende Country-sanger, Jason Bradley, is in 'n Heidelbergse Hospitaal opgeneem nadat hy gediagnoseer is met ‘n groot ystertekort in sy bloed en lae bloedtelling. Jason se vrou, Tina Bradley, sê Jason sukkel reeds die afgelope paar jaar met ‘n lewerproblem en lae yster. Sy sê haar man se immuunstelsel is baie swak weens die lae yster. Daarom het hulle vanjaar besluit om baie minder konserte te doen sodat sy liggaam kan herstel. Tina sê egter die spanning wat bygekom het met die inperking, sowel as finansiële uitdagings, het bygedra dat sy vorige maagseer weer erg begin bloei het. Sy sê voor hy sy bloed weer op ‘n gesonde vlak kon kry, het hy ongelukkig weer bloed verloor en daarom het sy hart baie swaar gekry. Tina sê die dokter kon hom egter weer stabiel kry en verdere toetse word gedoen om die oorsaak te bevestig. Tina sê hy is onmiddellik by die Heidelberg Hospitaal opgeneem waar hy reeds ‘n tweede bloedoortapping ontvang het. Die Heidelberg Hospitaal het vanoggend bevestig dat Jason se toestand stabiel is en dat dit reeds beter gaan met hom. Tina het almal bedank vir die ondersteuning en gebede vir Jason en sê hulle glo die Here sal hom deur die moeilike tyd dra en gesond maak.

FOTO: (Lefra Produksies - Jason Bradley)


42 views0 comments
bottom of page