Bekende Dokter in Vereeniging dood aangetref met kopwond
VAALDRIEHOEK - ‘n Bekende Dokter van Drie Riviere in Vereeniging, Freek van der Walt, is Dinsdagoggend dood aangetref met ‘n pistool langs hom. Polisiewoordvoerder, Kaptein Fikile Funda, het aan Netwerk24 gesê die polisie het omstreeks 09h00 ‘n oproep om bystand ontvang en hul het na die toneel in Orwell-rylaan gehaas. Volgens Funda is die 63-jarige dokter op die perseel gevind op die vloer met ‘n skietwond aan sy kop. Hy is op die toneel dood verklaar. Funda het aangedui dat ‘n dossier vir ‘n geregtelike doodsondersoek geopen is.
FOTO: (Verskaf)
