Search

Bekommernis heers oor die toename van misdaad in die feestyd.

Die Forum 4 Service Delivery is bekommerd dat misdaad waarskynlik in die feestyd sal toeneem weens die regering se gebrek aan politieke wil om die regsorde toe te pas. Volgens die forum skets die kwartaallikse misdaadstatistiek wat die minister van Polisie, Bheki Cele, vrygestel het ‘n prentjie van ‘n land wat al hoe gevaarliker is om in te woon. Die leier, Mbahare Kekana, glo Cele se ministerie misluk onder sy toesig en hy moet van sy pligte onthef word. Kekana sê Suid-Afrikaners sal nooit veilig voel of wees tensy hulle vir ‘n ander regering stem nie.



1 view0 comments