Search

Benedetto on Vaal loots sy splinternuwe riviervilla op die Vaalrivier

VANDERBIJLPARK - Vanderbijlpark inwoners wat langs die Vaalrivier woon moes Vrydagoggend twee keer kyk toe hulle ‘n huis langs die rivier sien afdryf. Paniek-bevange inwoners het egter vinnig agter gekom dit is die gewilde trou-venue, Benedetto on Vaal, se nuwe boothuis, of te wel, riviervilla. Vaalweekblad berig dat die boothuis, genaamd die House of Belle, se groot trek Vrydagoggend aangepak is, toe die riviervilla by die Riverside Sun te water gelaat is en vervoer is tot by sy nuwe tuiste by Benedetto on Vaal. Volgens die eienaar, Gert van Rensburg, het die House of Belle ‘n enjin soos geen ander boot op die Vaalrivier nie. Die boothuis spog verder met drie lugverkoelers, alarmstelsel, slaapkamer en ‘n sitkamer ingerig met ‘n televisie, net om ‘n paar te noem. Die boothuis is vernoem na die venue se geliefde Great Dane, Tinkerbelle, wat verlede Desember oorlede is.

FOTO: (Benedetto on Vaal op Facebook)


10 views
Listen Live.jpg