top of page
Search

Beseerde man lê vir ure in veld na motorfietsongeluk in Viljoensdrif

VILJOENSDRIF - Paramedici sê ‘n 47-jarige man is ernstig beseer toe hy beheer van sy motorfiets verloor het op die R716 in Viljoensdrif, Vaaldriehoek. ER24 sê in ‘n verklaring hulle het net na 07:00 die oggend op die toneel gekom nadat ‘n gemeenskapslid die man in die veld sien lê het. Hy het glo vir ‘n aantal ure in die veld gelê voor hy gevind is. Paramedici het die man ondersoek en gevind dat hy verskeie beserings opgedoen het en in ‘n ernstige toestand was. Hy is op die toneel behandel en voorsien van pynverligtingsmedikasie voordat hy na ‘n nabygeleë hospitaal vir verdere sorg geneem is. Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

FOTO: (ER24)


17 views0 comments
bottom of page