top of page
Search

Besighede onder die Emfuleni Munisipaliteit verhuis na buurmunisipaliteite weens swak dienslewering.

Besighede onder die Emfuleni Munisipaliteit het besluit om na buurmunisipaliteite te verhuis omdat die verliese wat hulle ly weens swak dienslewering ondraaglik is. Die direkteur van die Vereeniging Besigheids-korporasie, Mpho Khambule sê hul besighede het baie geld spandeer om reg te maak wat die munisipaliteit se verantwoordelikheid was, en dus 'n besluit geneem dat dit nie nodig is dat een van sy lede aan die einde van November vir dienste sal betaal nie. Cindy Niblett, direkteur van Freedom Paper, 'n maatskappy wat toiletpapier in Vereeniging vervaardig, het gesê sy beplan om haar besigheid van 35 jaar te hervestig. Haar onderneming het 79 werkers in diens. Sy het gesê, oor die afgelope vier jaar het swak dienslewering en constant krag onderbrekings buite Eskom se beurtkrag, hul produksie erg geraak het en hul winste beinvloed het.



9 views0 comments
bottom of page