Beskikbaarheid van entstof het sedert die begin van die jaar verbeter
VAALDRIEHOEK - Die entstofvervaardiger Onderstepoort Biologiese Produkte sê die beskikbaarheid van entstof in die land het sedert die begin van die jaar verbeter. Die maatskappy sê tekorte aan entstof vir diere is onder beheer, maar daar is nog tekorte vir sommige entstowwe met ‘n kleiner aanvraag. Dit sal egter teen Augustus uitgesorteer wees. Die waarnemende uitvoerende hoof, Luvuyo Madumo, sê die vervaardiger se produksie is in die wiele gery deur probleme met toerusting en die beskikbaarheid van produkte. Hy sê entstowwe word tans na verskillende afsetpunte versprei.
FOTO: (Verskaf)
