Search

Betogings teen nog moontlike verhogings in brandstofpryse word vir die week beplan

VAALDRIEHOEK - Die organisasie People Against Petrol and Paraffin Price Increases beplan ‘n reeks betogings dié week teen nog moontlike verhogings in brandstofpryse. Volgens die Sentrale Energiefonds kan verbruikers in April die hand selfs dieper in die sak moet steek weens hoër brandstofpryse. Die organisasie se nasionale sameroeper, Visvin Reddy, sê die Sentrale Energiefonds se jongste data wys die prys van 95-oktaan petrol kan met R2,32 per liter styg, en die prys van diesel met R3.

FOTO: (Verskaf)



6 views0 comments