top of page
Search

Beurtkrag kan moontlik vandeesweek weer geïmplementeer word

BREKEND: Eskom het net voor 12:00 aangekondig hulle kan moontlik hierdie week Fase 2-beurtkrag tydens spitstye in die aande implementeer. Dit is as gevolg van ‘n tekort aan opwekkingskapasiteit. Verskeie opwekkingseenhede het by kragstasies regoor die land óf gestruikel óf heeltemal misluk. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê as daar verdere probleme is, sal beurtkrag vir die volgende drie dae van 16:00 die middag tot middernag geïmplementeer word.

FOTO: (Eskom)


8 views0 comments
bottom of page