Search

Beurtkrag kan noodlottig wees vir pasiënte op suurstofmasjiene by die huis

VAALDRIEHOEK - Medici het hulle kommer uitgespreek oor die gevolg van beurtkrag tydens die derde vlaag Covid-19 uitbreking in Suid-Afrika. Pasiënte word tans by verskeie hospitale geprioritiseer en net die ergste gevalle word toegelaat aangesien 'n aantal hospitale in drie provinsies reeds aangedui het dat hulle Covid-19 beddens almal vol is. 'n Pulmonoloog, professor Guy Richards, sê die meeste pasiënte wat van suurstofmasjiene gebruik maak het nie rugsteun batterye by die huis nie en as Eskom die elektrisiteitstoevoer onderbreek, laat dit dié pasiënte kwesbaar. Hy sê dit is belangrik dat pasiënte wat suurstof-behandeling ontvang voortdurend van suurstof voorsien moet word sodat hulle suurstofvlakke nie daal en hulle toestand versleg nie. Eskom pas tans Fase-3 beurtkrag toe weens 'n verlaagde opwekkingskapasiteit weens foutiewe opwekkingseenhede.

FOTO: (Verskaf)



5 views0 comments