Search

Beurtkrag landwyd vanaand soos Vanderbijlpark met watertoevoer sukkel

VAALDRIEHOEK - Soos wat sommige Vanderbijlpark inwoners die naweek lae druk of geen water gehad het nie, sal Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaners ook vanaand beurtkrag moet trotseer. Eskom het pas aangekondig dat Fase 1 beurtkrag van vyf-uur vanmiddag tot tien-uur vanaand ingestel gaan word. Die kragvoorsiener sê die beurtkrag is nodig omdat twee opwekkingseenhede by die Kusile kragstasie onklaar geraak het, sowel as ‘n opwekkingseenheid elk by die Kendall en die Tutuka kragstasies. Eskom woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha sê die waarskynlikheid van beurtkrag bly groot vir die res van die week.

FOTO: (Eskom, Emfuleni munisipaliteit)


11 views0 comments