VAALDRIEHOEK - Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het die publiek verseker kwessies rondom beurtkrag sal nie die bedrywighede tydens hierdie naweek se kieserregistrasie van stryk bring nie. Die uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, het die jongste inligting verstrek oor die OVK se voorbereidings en sê die tegniese funksionering het die vermoë om beide aanlyn en vanlyn te werk.
Mamabolo, het onthul meer as ‘n miljoen mense het sedert die bekendstelling van die aanlyn portaal geregistreer. Verder is 69,780 personeellede geregistreer en opgelei vir die veldtog. Mamabolo het bevestig die registrasiestasies sal op albei dae vanaf agtuur soggens tot vyfuur die middae oop wees, en tydelike stem-sentrums is ook in verskeie gemeenskappe opgerig. Hy het ook bevestig kwessies wat tydens oefensessies geïdentifiseer is, insluitend die oordrag van transaksies na die databasis, is reggestel. Mamabolo sê die OVK het infrastruktuurkwessies opgelos om ‘n gladde kieserregistrasieproses te verseker.
FOTO: (IEC)
Comments