Search

Beurtkrag skaal vanaand af na fase 2

VAALDRIEHOEK - Die hoofbestuurder van Eskom, André de Ruyter, het aangekondig die kragverskaffer beplan om beurtkrag vanaand na Fase 2 te verlaag. De Ruyter het die media ingelig oor die huidige uitdagings vir die stelsel en gesê dit is besig om te herstel met meer as 14,300-megawatt onbeplande onderhoud, vergeleke met 16,000-megawatt wat voorheen aangekondig is. De Ruyter sê hulle hoop nog eenhede sal aanlyn kom om te verseker beurtkrag kan teen môreaand opgehef word.

FOTOS: (Eskom; AfriForum Vanderbijlpark)






10 views0 comments