Bheki Cele se selfoonnommer op sosiale media gedeel
VAALDRIEHOEK - Die minister van Polisie, Bheki Cele, het Suid-Afrikaners versoek om op te hou om sy persoonlike selfoonnommer te misbruik. Dit is nadat ‘n fluitjieblaser na bewering die minister se nommer op sosiale media gedeel het. Minister Cele het met die media gepraat en sê sy foon lui sedert Dinsdag sonder ophou met boodskappe van die publiek.
FOTO: (Verskaf)
