Search

Biddiens in Orange Farm

VAALDRIEHOEK - Gauteng se LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, sal môre saam met verskeie geloofsgroepe en die gemeenskap van Orange Farm ‘n biddiens hou ná talle voorvalle van kinders wat in die gebied vermoor of ontvoer is. Die diens sal ook as reinigingsgeleentheid dien vir gesinne wat hul kinders weens gewelddadige optrede verloor het. Orange Farm is een van die gemeenskappe in Gauteng met die hoogste voorkoms van geweld teen vroue en kinders.

FOTO: (Verskaf)



5 views0 comments