top of page
Search

Binnelandse motoriste kan 'n brandstofvertraging vandeesweek ervaar

VAALDRIEHOEK - Die Padvragvereniging sê die moontlikheid bestaan dat motoriste in die binneland, insluitend in die Vaaldriehoek, dalk brandstoftekorte kan ervaar. Alhoewel die skade herstel is aan die Transnet-pypleiding wat brandstof van Durban na Gauteng vervoer, mag die voorsiening van brandstof aan verspreidingspunte in die binneland dalk vertraag word. Ongeveer 39% van boere in die binneland ervaar reeds tekorte. Gavin Kelly van die Padvragvereniging het aan City Press gesê die kwessie sal nie voedselbeskikbaarheid in die land beïnvloed nie. Kelly het motoriste egter gerus gestel en gesê motoriste moenie in grootmaat petrol koop nie, omdat dit juis die probleem kan vererger, en omdat dit nie ‘n grootskaalse probleem is nie.

FOTO: (Verskaf)


85 views0 comments
bottom of page