Bloemhofdam se watervlak styg vinnig
BLOEMHOFDAM - Die Departement van Water en Sanitasie sê die watervlak van die Bloemhofdam in Noordwes en die Vrystaat styg vinnig met die toenemende invloei van water uit die Vaalrivier. Die Vaal- en Oranjerivierstelsel ondervind tans vinnig stygende watervlakke weens die swaar reën. Die woordvoerder van die departement, Wisane Mavasa, sê hulle gaan voort om die situasie dop te hou en maatreëls in te stel om die uitwerking van oorstromings op die infrastruktuur te beheer en die volle kapasiteit van die opgaardamme na die reënvalseisoen te waarborg. FOTO: (Verskaf)
