Braailiefhebbers gaan moet opdok vir hul gunsteling vleis hierdie Desember
VAALDRIEHOEK - First National Bank (FNB) se senior landbou-ekonoom, Paul Makube, het ‘n moeilike braaiseisoen vir verbruikers in Suid-Afrika gedurende die feestyd voorspel. Makube sê braaibegrotings sal onder druk kom weens die rekordhoë vleispryse wat deur die veerkragtige seisoenale verbruikersvraag en aanbod-inkrimping ondersteun word. Hoof van Inligting en Bemarking by FNB Agribesigheid, Dawie Maree, sê hulle verwag dat verbruikers ‘n kort-termyn blaaskans in vleispryse na die feesseisoen sal ervaar. Dit is omdat die vraag na vleis gewoonlik na die Desembervakansie afneem.
FOTO: (Verskaf)
