Brand breek uit by UNISA
TSHWANE - 'n Brand het net na middernag vanoggend by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se Muckleneuk-kampus op die tweede verdieping van die Winnie Madikizela-Mandela-gebou uitgebreek. Brandbestrydingspersoneel van die Stad Tshwane-nooddienste het digte rook by die gebou opgemerk nog voordat hulle by die voorval aangekom het. Brandbestryders moes drie houtdeure en twee staalroldeure afbreek om toegang tot die gebou te kry om die brand te bestry. Volgens bronne op die toneel het 'n brand sowat twee weke gelede in dieselfde gebou uitgebreek en is dit deur die personeel geblus, en die nooddienste is nooit in kennis gestel nie. Die koste van die skade is nie gekwantifiseer nie, en die oorsaak van die brand is nog nie vasgestel nie. FOTO's: (AfriNuus)

