Search

Brandstofpryse bring verdere verligting vir motoriste

VAALDRIEHOEK - Motoriste betaal van vandag af R1.74 minder vir petrol. Die prys van diesel het met R1.61 per liter gedaal en lampolie met R2.23 per liter. Dit is die tweede grootste daling in die plaaslike brandstofprys nadat 'n liter 95 loodvrye petrol in April met R1,88 gedaal het, en 93 loodvrye petrol met R1,76. Die skerp daling in oliepryse wat veroorsaak is deur die Koronaviruspandemie het tot die groot verlaging in brandstofpryse gelei. Weens die swak vertoning van die rand is die daling egter beperk.

FOTO: (Verskaf)



5 views
Listen Live.jpg