Brandstofpryse daal Woensdag
- 90.6 FM News
- Aug 5, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaanse motoriste kry vandeesweek effense verligting by die petrolpompe na die aankondiging dat petrol- en dieselpryse Woensdag gaan daal. Loodvrye petrol 93-oktaan en 95-oktaan word met 15c per liter verlaag, terwyl diesel tussen 17c en 28c goedkoper sal wees. Lampolie se prys val met 22c. Die prysverlagings bring petrol te staan op R23,11 per liter in Gauteng en R22,32 per liter aan die kus, met dieselpryse wat ook op hulle laagste vlak sedert Januarie is. 'n Sterker rand beïnvloed die aanpassings, ondanks 'n effense verhoging in Brent-ru-oliepryse.
FOTO: (Verskaf)
Comentarios