Search

Brandstofpryse gaan na verwagting volgende maand styg

VAALDRIEHOEK - Na maande se dalings, gaan brandstofpryse na verwagting volgende week weer 'n styging toon. Volgens die Sentrale Energiefonds se jongste data gaan petrol R1,15c per liter duurder wees terwyl die dieselprys met 15c per liter kan styg. Dit word toegeskryf aan hoër internasionale oliepryse ná ’n rekord-daling in aanvraag weens die koronavirus-pandemie. Die styging word wel versag deur die rand wat 'n effense versterking toon. Die rand het vroeg vanoggend teen R17,38 teenoor die dollar verhandel – sy beste vlak sedert einde Maart. 95-oktaan petrol kos tans R12,22 per liter in Gauteng en R11,52 aan die kus. Diesel (0,05% swael) kos R11,09 per liter in Gauteng en R10,48 aan die kus. Die oorsigtydperk vir Junie se brandstofpryse duur tot môew, 28 Mei en die nuwe pryse word op Woensdag, 3 Junie van krag. Daar is dus nou net twee dae oor voordat die finale prysverandering vasgestel gaan word.

FOTO: (Verskaf)


10 views