top of page
Search

Brandstofpryse mag dalk effens afneem in Augustus

VAALDRIEHOEK - Daar is miskien volgende maand goeie nuus oor brandstofpryse. Volgens die Sentrale Energiefonds se voorlopige berekeninge sal die prys van petrol en diesel nie in Augustus verder styg nie en kan dit selfs ‘n paar sent goedkoper wees. Die olieprys het gedaal, maar die rand het ook verswak en dit sal ‘n groot uitwerking op brandstofpryse hê. Die brandstofheffing-verligting van 75-sent-per-liter kom op die derde Augustus tot ‘n einde. Volgens die daaglikse berekeninge kan die petrolprys met 23- tot 33-sent-per liter daal, en diesel met 17- tot 19-sent.

FOTO: (Verskaf)



12 views0 comments
bottom of page