top of page
Search

Brandstofprysskok word verwag in Maart.

VAALDRIEHOEK - Syfers van die Sentrale Energiefonds toon Suid-Afrikaners moet gereedmaak vir ‘n brandstofprysskok volgende maand. Weens hoër internasionale oliepryse sal die prys van 95- en 93-oktaan petrol na verwagting met meer as R1,30 per liter styg. Die prys van diesel sal na verwagting met tussen R1,40- en R1,60 per liter styg. Dit sal verder bydra tot hoër inflasie en voedselpryse hoog hou. Die verswakkende rand is ‘n verdere slag vir laer brandstofpryse.


6 views0 comments

Comments


bottom of page