top of page
Search

Business Leadership SA sê die land het dringend 'n plan nodig om ‘n gas-afgrond te vermy

SASOLBURG - Business Leadership South Africa sê die Gas-meesterplan wat in die Staatskoerant verskyn het, het goeie beginsels en doelwitte, maar spreek nie die probleem aan wat die ekonomie in die gesig staar nie. Die twee gasvelde in Mosambiek wat deur Sasol bedryf word, is tans die hoofbron. Dit sal egter teen die middel van 2026 nie meer aan Suid-Afrikaanse kliënte voorsien nie omdat Sasol dan alles self gaan gebruik. Die organisasie se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, sê die gas-afgrond is net 24 maande ver en daar is skaars tyd om projekte te ontwikkel om dit te vermy.


2 views0 comments

Comentarios


bottom of page