top of page
Search

Business Leadership SA sê die minister van Finansies se grootste uitdaging is Eskom se skuld

VAALDRIEHOEK - Business Leadership South Africa sê in die lig van beurtkrag wat daagliks grootskaalse vernietiging van die ekonomie veroorsaak, sal die minister van Finansies, Enoch Godongwana, Woensdag in sy begroting op dié kwessie fokus. Berigte lui die minister gaan na verwagting aankondig dat die regering ‘n aansienlike deel van Eskom se skuld van R400-miljard gaan oorneem. Die uitvoerende hoof van BLSA, Busi Mavuso, sê die markte sal fyn na die begroting luister om te hoor hoeveel die beloofde skuldverligting beloop, watter voorwaardes hy daarvoor gaan stel en hoe hy dit gaan struktureer. FOTO: (Verskaf)


2 views0 comments
bottom of page