Bye val kliente aan by Vanderbijlpark partytjie-lokaal
VANDERBIJLPARK - Cert-SA is Saterdagoggend na ‘n partytjie-lokaal in Vanderbijlpark ontbied waar verskeie mense deur bye gesteek is. Cert-Sa het in ‘n verklaring gesê dat hulle net na 11 na die lokaal uitgeroep is waar 13 mense op die toneel geassesseer en behandel is, terwyl 1 pasiënt onder gevorderde lewensondersteunende sorg deur ER24 hospitaal toe geneem is. ER24, Vaal Emergency Care en Emfuleni Brandweer het bystand gebied op die toneel. Die partytjie-lokaal het intussen op Facebook om verskoning gevra vir die voorval, en sê die bye was veronderstel om na toemaak verwyder te word, maar die by-vanger het teen bestuur se wense gegaan en die bye probeer verwyder tydens sy inspeksie. FOTO: (Cert-SA)
