Search

Byna ‘n 1000 verdagtes in Gauteng gearresteer die naweek

VAALDRIEHOEK - Die polisie in Gauteng het 847 verdagtes in verskillende hoë-digtheidsoptredes tydens die Menseregte-langnaweek in hegtenis geneem. Dit sluit in drie verdagtes wat verbind word met drie moorde in die informele nedersetting Phumusiwe. Meer as 100 mense is vir dronkbestuur in hegtenis geneem. Die polisie sê sewe vuurwapens is tydens die optredes teruggevind. Die wapens sal nou ballistiese toetse ondergaan om moontlike skakels met ander misdade te bepaal. Die verdagtes wat gearresteer is, sal na verwagting binnekort in verskeie howe in die provinsie verskyn.

FOTO: (Verskaf)



4 views0 comments