
Capitec se aanlyndienste is steeds af
VAALDRIEHOEK - Capitec Bank sê hulle ondervind steeds ‘n infrastruktuurprobleem op sentrale bedieners wat bankkanale ondersteun. Die bank se mobiele toepassing, aanlyn- en selfoonbankplatforms is nou al sowat 24 uur lank af. Vir die afgelope 24 uur kon Capitec-kliënte net hul bankkaarte vir transaksies gebruik aangesien alle bankkanale heeltemal af is. Die bank sê ‘n span tegnologiekundiges ondersoek die probleem.
FOTO: (Twitter)
