top of page
Search

Cele sê polisie moet hierdie feesseisoen eers skiet en daarna vrae vra

VAALDRIEHOEK - Die minister van Polisie, generaal Bheki Cele, het die beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens toegespreek wat hierdie feesseisoen gaan werk. Hy was deel van die bekenstelling van die Wes-Kaap se Veilige Feestyd-veldtog. Minister Cele het aan polisiebeamptes gesê dat daar geen genade aan misdadigers getoon moet word nie. Hy sê waar hulle misdadigers sien wat roof en moor moet hulle skiet om dood te skiet. Sy boodskap was hard en duidelik – skiet eers en vra dan vrae. Intussen sê die polisie hulle verskerp pogings om dienslewering aan gemeenskappe te verbeter deur die beskikbaarstelling van bykomende polisiëringshulpbronne. Die minister van Polisie, Bheki Cele se woordvoerder, Lirandzu Themba, sê dit val saam met verhoogde polisiesigbaarheid as deel van die landwye Veiliger Feestyd-veldtogte. Sy sê hierdie spesiale operasies is tot dusver van stapel gestuur in vier provinsies, naamlik Limpopo, Gauteng, KwaZulu-Natal, en die Wes-Kaap.

FOTO: (News24)


4 views0 comments
bottom of page