Search

COVID-19 enstowwe word Maandag in SA verwag

VAALDRIEHOEK - Die Minister van Gesondheid, Dokter Zweli Mkhize, het gisteraand bevestig dat die eerste besending van AstraZeneca se COVID-19 entstowwe Maandag vanuit Indië by die OR Tambo Internasionale Lughawe, in Gauteng, sal aankom. Mkhize sê die vlug sal reeds Sondag vertrek. Die minister was gisteraand die voorsitter van ‘n openbare webinaar oor entstowwe saam met voorste kenners op die gebied. Die entstof is deur die wêreld se grootste entstof-vervaardiger, die Serum Instituut, vervaardig. Mkhize sê die departement is gereed om die inentingsveldtog van stapel te stuur. Die entstowwe sal deur tegniese toetse gaan om te verseker alles is in orde voordat dit na die provinsies versprei sal word.

Intussen sê Milani Wolmarans van die Gesondheidsdepartement die elektroniese entstof-datastelsel is ‘n veilige platform waar mense kan registreer om die Covid-19-entstof te ontvang. Sy voeg by dat die stelsel mense sal inlig oor waar en wanneer hulle ingeënt sal word.

FOTO: (Verskaf)


5 views0 comments