COVID-19 gevalle in SA het die 100-duisend merk verby gesteek
VAALDRIEHOEK - Honderd en tien dae ná die eerste geval van die koronavirus in die land aangemeld is, het die bevestigde gevalle van die coronavirus die 100-duisend kerf verbygesteek. Dit volg twee weke nadat die 50-duisend kerf op 8 Junie verbygesteek is. Die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize het bekendgemaak dat die getal infeksies tot 101 590 gestyg het. Daar is 61 nuwe sterfgevalle aangemeld wat die sterftesyfer op 1991 te staan bring. Die sterftesyfer is twee persent van die totale bevestigde gevalle van die virus. Die herstelkoers is 52,6%, oftewel 53 444 mense wat van die virus herstel het.
FOTO: (Verskaf)
