top of page
Search

CPF Sasolburg stop kabeldiefstal

SASOLBURG - CPF Sasolburg het Vrydagaand kabeldiewe se planne stop gesit. Die vermeende kabeldiewe het in die veld by De Wildt substasie gereedskap in die lang gras afgelaai. Die donker silwer Nissan Almera is deur CPF-patrolleerders dopgehou deur die aand. Die patrolleenders het die gereedskap opgetel en gebel vir ondersteuning. Volgens CPF Sasolburg het nog 3 patrolleerders en SAPD-lede opgedaag. Die voertuig is deur die patrolleerders opgespoor en afgetrek, waarna Sasolburg SAPD die voertuig nagegaan het en nog gereedskap gevind het. Die voertuig is geskut en een verdagte is in hegtenis geneem. FOTO: (Verskaf)


2 views0 comments
bottom of page