CPF Sasolburg vang huisbraak verdagtes
SASOLBURG - CPF Sasolburg het verlede Donderdagaand tydens ‘n roetine-patrollie inligting ontvang dat 3 mense oor 'n muur in 'n inwoner se erf gespring het. Volgens ‘n verklaring het gereageer en met aankoms was die verdagtes nie meer in die erf in Colensostraat nie. Die patroleerders het begin soek na die verdagtes met die beskrywing wat hulle ontvang het. CPF Sasolburg het 2 verdagtes vasgetrek met huisbraak gereedskap in hul besit. Die Sasolburg SAPD is ontbied, en die verdagtes is aan SAPD oorhandig. FOTO: (Verskaf)
