Search

DA bekommerd oor bouprojek by Laerskool Frikkie Meyer in Vanderbijlpark

VANDERBIJLPARK - Die DA in Gauteng sê waardevolle leer- en onderwystyd het verlore gegaan by die Laerskool Frikkie Meyer in Vanderbijlpark, nadat die provinsiale Department van Infrastruktuurontwikkeling weereens misluk het om ‘n projek betyds te voltooi. Die DA se Nicola du Plessis sê dié bouprojek van R 34-miljoen moes binne 12-maande (teen Maart 2020) voltooi gewees het, maar 18-maande later is dit nog vêr van klaar af. Die DA sê hulle sal aanhou vrae vra om vas te stel wat presies agter dié vertraging skuil.

FOTO’S: (Verskaf)



7 views0 comments