DA eis antwoorde oor Rand Water op Emfuleni se bankrekening beslag lê
- 90.6 FM News
- Jun 25
- 1 min read
VANDERBIJLPARK - Die DA in Gauteng eis 'n verduideliking oor waarom die ooreenkoms tussen die Emfuleni-munisipaliteit en Rand Water nie nagekom is nie. Dit het tot gevolg gehad dat daar op die munisipaliteit se bankrekenings beslag gelê is. Die aanhegting van die Munisipaliteit se bankrekening beteken dat die ongelooflike lae vlak van dienslewering waarskynlik heeltemal tot stilstand sal kom, terwyl personeel weer onbetaald sal moet bly. Emfuleni se waterverlies het teen die einde van Maart 57,3%. Elize Aucamp van die DA sê dit het gebeur ondanks die skepping van 'n spesiale liggaam tussen Rand Water en die munisipaliteit om 'n oplossing vir die waterprobleme te vind.
Comments