VAALDRIEHOEK - Die DA in die Vrystaat is diep besorg oor die voortgesette oortreding van die Nasionale Waterwet deur die Mafube Plaaslike Munisipaliteit oor die voorkoming en die remediëring van besoedeling. Woordvoerder, Igor Scheurkogel, sê die versuim van die munisipaliteit om die Afvalwaterbehandelingsaanlegte by Villiers en Qalabotjiha in stand te hou het gelei tot erge besoedeling van die Vaalrivier. Volgens hom is albei aanlegte vervalle.
top of page
bottom of page
Kommentare