Search

DA leier besoek Metsimaholo-gemeenskap

SASOLBURG - DA leier, John Steenhuisen, het gister die Metisimaholo Plaaslike Munisipaliteit in die Vrystaat besoek. Hy het inwoners in Zamdela toegespreek en hulle aangespoor om na die beloftes in die DA -manifes vir hierdie munisipaliteit te kyk, en hulle dan voor te stel hoe die distrik sal lyk na vyf jaar waartydens hierdie beloftes uitgevoer word. Steenhuisen het gesê dat die distrik onder DA-bewind onherkenbaar sou wees en het aan die skare gesê dat die mense van Metsimaholo na vyf jaar van 'n DA-geleide koalisie nog vyf jaar van 'n volstrekte DA-meerderheid sal wil hê. Steenhuisen het ook aangedui dat die DA -burgemeesterskandidaat vir die Metsimaholo-munisipaliteit, Jeff Zwane, die volle steun van die nasionale en die provinsiale DA leierskap het.

FOTO'S: (Democratic Alliance Metsimaholo Municipality - Facebook)



3 views0 comments