top of page
Search

DA sê boere het dringend finansiële hulp nodig

VAALDRIEHOEK - Die DA in Gauteng sê ‘n massiewe voedselsekerheidskrisis het die provinsie en die land in die algemeen getref weens die voortslepende beurtkrag. Brownwyn Engelbrecht van die party sê volgehoue voorsiening uit die landbousektor is noodsaaklik om ‘n bevolking van sowat 60-miljoen mense kos te gee. Sy sê boere se produkvoorsiening word ongelukkig deur beurtkrag gekniehalter.

Intussen sê President Cyril Ramaphosa die eise dat beurtkrag onmiddellik beëindig word, is heeltemal verstaanbaar, want die laaste ding wat Suid-Afrikaners wil hoor is verskonings of onrealistiese beloftes. Hy sê in sy weeklikse nuusbrief ‘n gebrek aan belegging in nuwe opwekkingsvermoë, swak onderhoud aan kragstasies, korrupsie en misdadigheid, sabotasie van infrastruktuur, toenemende munisipale skuld en gebrekkige vaardighede by Eskom het die perfekte storm veroorsaak. Ramaphosa sê daar kan geen volhoubare oplossing vir die energiekrisis wees sonder om al hierdie faktore saam aan te spreek nie.

FOTO's: (Verskaf)




1 view0 comments
bottom of page