VANDERBIJLPARK - Die DA sê die werknemer van die Emfuleni-munisipaliteit wat saam met ʼn plaaslike ANC-takvoorsitter gearresteer is, moet geskors word. Die twee word beskuldig dat hulle deel is van ʼn netwerk wat ʼn kontrakteur wat veselkabels in Sharpeville insit, vir R2-miljoen afgepers het. ʼn DA-woordvoerder, Duncan Mthembu, sê hulle sal voortgaan om enige vorm van misdadigheid in Emfuleni te beveg omdat misdaad inwoners raak en van regverdige geleenthede beroof.DA sê werker van Emfuleni-munisipaliteit wat van afpersing beskuldig word moet geskors word.
top of page
bottom of page
Comments