top of page
Search

DA stel mosie ter tafel om Parlement te ontbind

VAALDRIEHOEK - Die DA het ‘n mosie ter tafel gelê om die Parlement te ontbind vir vroeë verkiesings om so mag terug te besorg aan kiesers.DA-leier, John Steenhuisen, sê in ‘n verklaring dat Suid-Afrikaners nie behoort te kies tussen die Phala Phala-korrupsie van Cyril Ramaphosa, die Digital Vibes-korrupsie van Zweli Mkhize of die Mafia-staat van David Mabuza nie. Hy sê verder die land kan nie die besluit laat by tot 4000 omgekoopte en gekompromitteerde afgevaardigdes om by 'n ANC-konferensie die toekoms van ons land te kies nie. Daardie keuse moet deur al die mense van Suid-Afrika in 'n vroeë verkiesing gemaak word.

FOTO: (Verskaf)


3 views0 comments
bottom of page