DA stel toegewyde kontak bekend teen wetstoepassers wandade
VAALDRIEHOEK - Die Demokratiese Alliansie het ‘n toegewyde WhatsApp-nommer en e-posadres bekendgestel waar lede van die publiek enige dade van aanranding, mishandeling, of omkopery deur wetstoepassers kan aanmeld. Die WhatsApp-nommer en e-posadres sal gemonitor word deur ‘n taakspan van DA-LP’s wat deel vorm van die veiligheids- en geregtigheidsklusse in die Parlement. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê burgers kan die DA kontak by 067 977 9324 of reportpoliceabuse@da.org.za.
FOTO: (DA)
