Search

DA vermoed Sedibeng munisipale bestuurder se moord hou dalk verband met sy bedrogsaak

VAALDRIEHOEK - Die DA in Gauteng sê die moord Saterdag op munisipale bestuurder van die Vaaldriehoek se Sedibeng-distriksmunisipaliteit, Stanley Khanyile (52), hou moontlik verband met ’n bedrogsaak in die Oos-Kaap waarby hy betrek word. Netwerk24 berig die DA se Gautengse woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid, Michael Shackleton, sê indien die moord wel met die bedrogsaak in die Oos-Kaap verband hou, moet die verdagte of verdagtes so gou moontlik vasgetrek word. Shackleton sê dit is duidelik dat die verdagtes gedink het niemand sal hulle kan stop nie en dat hulle nie bang was vir enige moontlike nagevolge nie. Khanyile is Saterdagmiddag op die parkeerterrein van ’n winkelsentrum in Meyersdal, Alberton, in sy motor doodgeskiet. Shackleton sê die DA sal die polisie-ondersoek met ’n valkoog dophou om seker te maak dat geregtigheid geskied. Polisiewoordvoerder, Brigadier Mathapelo Peters, sê die motief vir die moord is nog onbekend.

FOTOS: (Twitter; SA Breaking News)



16 views