DA veroordeel Sedibeng Munisipaliteit vir uitspattige besteding te midde van finansiële krisis
- 90.6 FM News
- Mar 5, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die DA Emfuleni-Noord-kiesafdeling het die sukkelende Sedibeng-distriksmunisipaliteit veroordeel nadat hulle R700,000 beskikbaar gestel het vir die aankoop van ‘n luukse voertuig vir die burgemeester, Lerato Maloka. Die besluit is tydens 'n raadsvergadering bekendgemaak. Kingsol Chabalala van die DA het sy verontwaardiging uitgespreek en sê dis onaanvaarbaar te midde van die munisipaliteit se ernstige diensleweringsuitdagings en finansiële onbestendigheid.
FOTO: (DA Gauteng)
Comments